Daar is menigde voordele vir kleinsake-eienaars wat wil deel word van die grootste entrepreneursnetwerk in die Wes-Kaap.
Die voordele sluit in:
– Toegang tot die AHi se besigheidsportaal waarop meer as 5 000 besighede en sakekamers geregistreer is.
– 24/7 ondersteuning vir besigheidseienaars wat sake-advies wil bekom.
– Tweemaandelikse AHI-nuusbriewe wat fokus op alles wat jy moet weet in die sakewêreld.
– Eksklusiewe toegang to aanlynseminaars met sakeleiers.
– Bystand vir intekenaars wat wil gebruik maak van besigheidsgeleenthede.
– Advies vir entrepreneurs wat hul eie besigheid wil begin.
– Toegang tot digitale opleidingskursusse vir entrepreneurs en sake-eienaars.
– Opdaterings tot die nuutste en akkurate besigheidsnuus deur sosiale netwerke.
– Adverteringsgeleenthede vir besigheidseienaars wat hul dienste aanlyn wil bekend stel.
– Toegang tot ’n reeks AHi en geaffilieerde netwerkingsgeleenthede regoor Suid-Afrika.
– Die geleentheid vir entrepreneurs om hul plaaslike sakekamers te beinvloed.
– Toegang tot daaglikse COVID-19-advies en inligting.
– ‘n Gratis eerste konsultasie vir sake-eienaars.
Om aanlyn aan te teken as ’n entrepreneur, besigheidseienaar, korporatiewe diensverskaffer of kleinsake-onderneming, klik hier: https://ahiwc.com/sign-up/