Studie: 42,7% van kleinsake oorleef nie inperking
Bykans 43% van kleinsakeondernemings het nie die staat van inperking, weens die Covid-19-pandemie, oorleef nie. Maar die meeste van hulle was ondernemings wat ook nie voor die aanvang van die pandemie winsgewend was nie, is in ’n peiling bevind. Dit was veral kleinsake in die konstruksiebedryf (waarvan 14,2% hul deure permanent gesluit het), restaurante (9,9%)…