Afname van 70% in toerisme wêreldwyd weens pandemie
Die wêreldwye reisbeperkings weens die koronaviruspandemie het tot ’n afname van sowat 70% in internasionale toerisme gelei. Dit is luidens ’n verklaring van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldtoerismeorganisasie (WTO) en gegrond op data van die eerste agt maande van die jaar. “Die ongekende afname hou ernstige maatskaplike en ekonomiese gevolge in en miljoene werkgeleenthede…