Marice Mercuur, AHi Entrepreneur van die Jaar, deel wenke vir sukses
Die inspirerende Marice Mercuur, van Clanwilliam, is onlangs as die AHi Entrepreneur van die Jaar, aangewys. Marice bedryf haar eie velsorgbesigheid met rooibostee. Marice Rooibos Health and Beauty Products is gebore nadat Marice se dogter, Gemma, aan ekseem begin ly het.