Skip to content
086 999 0209AHi Western Cape, Harry Mann Centre, 112 York St, George
Search:
Facebook page opens in new windowInstagram page opens in new windowTwitter page opens in new windowYouTube page opens in new windowLinkedin page opens in new window
AHi
AHiAHi
  • Home
  • About us
    • Menu iconAbout us
    • Menu iconTestimonials
    • Menu iconTeam
  • Chambers
    • Menu iconCape Metropolitan
    • Menu iconCape Winelands
    • Menu iconOverberg
    • Menu iconGarden Route/Karoo
    • Menu iconWest Coast
  • News
    • News
    • Newsletters
    • COVID-19 News
  • Services
    • Training
    • Menu iconInformation Sharing
    • Menu iconAdvertising and Promotion
    • Menu iconAdvice
    • Menu iconEconomic Development
    • Menu iconNetworking
    • Menu iconVideo Library
  • Contact Us
  • Sign Up
  • AHi Family
  • Home
  • About us
    • Menu iconAbout us
    • Menu iconTestimonials
    • Menu iconTeam
  • Chambers
    • Menu iconCape Metropolitan
    • Menu iconCape Winelands
    • Menu iconOverberg
    • Menu iconGarden Route/Karoo
    • Menu iconWest Coast
  • News
    • News
    • Newsletters
    • COVID-19 News
  • Services
    • Training
    • Menu iconInformation Sharing
    • Menu iconAdvertising and Promotion
    • Menu iconAdvice
    • Menu iconEconomic Development
    • Menu iconNetworking
    • Menu iconVideo Library
  • Contact Us
  • Sign Up
  • AHi Family

Daily Archives: March 2, 2020

Stilbaai Sakekamer Nuusbrief – Februarie 2020

AHi NewsMarch 2, 2020

Laai die Stilbaai Sakekamer se nuusbrief van Februarie 2020 hier af: Nuusbrief Februarie 2020

Read article
Like us on Facebook
AHI Wes-Kaap/Western Cape
Follow us on Twitter
Tweets by AhiWesternCape
Follow us on Instagram

ahiwesterncape

AHI Western Cape are about 5 000 entrepreneurs and a lot of motivated employees.

NUUSBRIEF: Die AHi het laasweek vergader en volstr NUUSBRIEF: Die AHi het laasweek vergader en volstroom afgeskop met ons strategiese doelwitte vir 2021 - soos uiteengesit in ons vorige nuusbrief. 

Ons eerste taak is om ons waardepakkette aan ons intekenaars bekend te stel. Ons sal verskeie waardepakkette aan besigheidsassosiasies, entrepreneurs, klein sakeondernemings, groot sakeondernemings en diensverskaffers bied. 

Elke waarde-aanbod gaan gekoppel wees aan ’n verskeidenheid dienste wat die AHi aan die groep intekenaars gaan bied.

Ons beoog om teen 1 Mei die strategie uit te rol. 

In vandeesweek se nuusbrief deel ons meer inligting oor die president se staatsrede en die AHi se insette oor die president se aankondigings.

Verder in die nuusbrief deel ons entrepreneuriese leesstof met jou, sowel as die jongste Covid-19-syfers. 

Ons vertel jou ook van die die nuutste skoolkalender, wat die nuwe minimumloon vir plaaswerkers en huiswerkers inhou, sowel as die regering se inentingsprogram.

Jy wil ook nie ons nuus uit ons verskeie sakekamers mis nie!

Lees dit en meer, in ons volledige nuusbrief op ons webtuiste. Skakel in die bio.

#Business #SME #Entrepreneurs #Besighede
President Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land President Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor die nuutste inligting rakende die Covid-19-pandemie wat die land in sy wurggreep het.

Hier is wat jy móét weet:

1. Die eerste besending van Covid-19-entstowwe is reeds in Suid-Afrika. 
2. Suid-Afrika skuif na ‘n aangepaste 3 van inperking. 
3. Die aandklokreël word verkort van 23:00 to 04:00.
4. Alkoholverkope sal toegelaat word vir gebruik by restaurante en kroeë regdeur die week van 10:00 – 22:00.
5. Besighede soos restaurante moet al om 22:00 sluit.
6. Kerke word oopgestel (met ‘n beperking van tot 50 mense binnemuurs en 100 buitemuurs).
7. Groot byeenkomste sal nie toegelaat word nie. 
8. Begrafnisse mag nie bygewoon word deur meer as 50 mense nie.
9. Publieke parke, damme, riviere, publieke swembadde en strande sal heropen.
10. Alkoholverkope sal toegelaat by drankwinkels word van Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 18:00.
11. Wynplase sal alkohol mag bedien tydens hul normale besigheidsure.
#AHi #WesternCape #Covid19
NUUSBRIEF: Met 2021 wat sy kop uitsteek en vakansi NUUSBRIEF: Met 2021 wat sy kop uitsteek en vakansiegangers wat terugkeer na hul tuisdorpe en poste, wil die AHi eerstens vir alle vakansiegangers bedank, wat ten spyte van die verbod op strande en ander beperkings, steeds na die Tuinroete gekom het. Die dorpe in die Tuinroete, wat onder meer George, Oudtshoorn en Mosselbaai insluit, maak staat op vakansiegangers gedurende Desembermaand om die plaaslike ekonomie aan die gang hou. 

“Alhoewel, die streng regulasies kan die nekslag wees vir besighede. Ons kan sien dat besighede, veral kleinbesighede, hul deure toemaak. Dit gaan verseker lei tot werksverliese,” vertel dr. Willie Cilliers Woensdagaand op ’n onderhoud met SABC Nuus. “Tot 50% van werknemers in die gasvryheidsbedryf kan hul werk verloor tydens die volgende paar weke.”

Dít kom ná die AHi se noodkreet einde laasjaar aan vakansiegangers wat beplan het om hul vakansieplanne te kanselleer.

Verder wil die AHi vir alle intekenaars ’n voorspoedige nuwejaar toewens. Ons wil u die sekerheid gee dat die AHi hier is om u en u besigheid met besigheidsadvies, inligting en bystand te ondersteun regdeur die jaar. Die AHi is ook opgewonde om in die komende maande nuwe take aan te pak wat sal poog om ’n inklusiewe sakekamer beweging te handhaaf, sowel as take wat entrepreneurskap bemoedig. 

Ons staan vandag op dag 295 van die nasionale ramptoestand wat weens die koronavirus-pandemie aangekondig is, met Suid-Afrikaners wat op ’n aangepaste vlak 3 van die inperkingsregulasies is. Wat die Covid-19-statistieke aantref, staan Suid-Afrika tans op meer as 1,2 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 35 000 Covid-19-verwante sterftes. Meer as 92 miljoen mense wêreldwyd het al die virussiekte opgedoen.

Te midde van die Covid-19-pandemie wat al hoe erger word in Suid-Afrika, bly die land op ’n aangepaste vlak 3 van inperking, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig.

Lees ons volle nuusbrief deur te klik op Newsletters onder News op ons webtuiste.

#Entrepreneurs @rooibosdag #Sakenuus
Pas bekend: Suid-Afrika bly op vlak 3 Die enigst Pas bekend: Suid-Afrika bly op vlak 3 

Die enigste ooglopende veranderinge wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het, is dat die aandkloktyd verkort is en 20 landsgrense gaan sluit.

Hier is die belangrikste om te weet:

1. Die aangepaste vlak 3 van inperking bly van krag en dus geld alle maatstawwe wat op 28 Desember aangekondig is, insluitende dat die meeste byeenkomste binne en buite geboue nie toegelaat word nie, insluitende om geloofsredes; dat maskers verpligtend in die openbaar is; en dat strande, damme, mere, riviere en openbare swembaddens in brandpunte toe is.

2. 20 grensposte op landsgrense word gesluit, behalwe onder sekere omstandighede. Dit gaan tot 15 Februarie geld. Dit sluit die ses besigste grensposte in, soos Beitbrug en Lebombo. Mense sal steeds kan in- en uitgaan vir onder meer brandstof, goedere, nooddienste vir lewensbedreigende toestande, buitelanders wat wil vertrek en inwoners wat wil terugkeer.

3. ’n Besluit oor die heropening van skole te midde van die tweede golf van infeksies word tans deur die nasionale beheerraad bekyk en ’n aankondiging sal binne enkele dae volg.

4. Die alkoholverbod bly van krag vir verkope in restaurante, drankwinkels en sjebeens. Ramaphosa sê dit het alkohol-verwante gevalle in hospitale verminder en dit is nou nodig om die druk op hospitale te verlig.

5. Die aandklokreël begin om 21:00 en eindig om 05:00 waar dit tot onlangs om 06:00 geëindig het.

6. Tot wanneer geld vlak 3? Die aangepaste vlak 3 gaan in plek bly totdat die nuwe piek van infeksies verby is en die infeksiekoers genoeg gedaal het. Al waarvoor 'n datum gestel is, is vir die landsgrense wat tot 15 Februarie gesluit bly.

7. Geen hulpverlening aan ondernemings, werkers of armes is aangekondig nie.
Die aansteek van kerse is simbolies en dui op Suid Die aansteek van kerse is simbolies en dui op Suid-Afrikaners se voorneme om die koronavirus te verslaan, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand gesê.

Ramaphosa het saam met Alan Winde, Wes-Kaapse premier, kerse by die Khayelitsha-distrikshospitaal aangesteek ter nagedagtenis aan gesondheidswerkers wat in die stryd teen die Covid-19-pandemie gesterf het.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners vroeër die week aangemoedig om op Oujaarsaand eerder hul vuurwerk te verruil vir kerse om hulde te bring aan diegene wat die virus omgekom het.

“Ons sal oorwin. Die aansteek van kerse dui op ons voorneme om die koronavirus te verslaan,” het Ramaphosa gesê.

Met dit in gedagte, wil die AHi Wes-Kaap vir elkeen van ons intekenaars 'n geseënde nuwejaar toewens. Mag u besighede floreer in die nuwejaar!

#NewYear #AHi #WesternCape #CandlesOfHope
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand, te midde va Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand, te midde van die tweede vlaag Covid-19-infeksies, verskerpte maatreëls aangekondig in ʼn poging om die pandemie te stuit.

Suid-Afrika is van Dinsdag op ʼn aangepaste vlak 3 van die afsonderingsregulasies en Ramaphosa sê sommige van die bepalings is verskerp om die moontlikheid vir verdere oordrag te verminder. Alles moontlik word terselfdertyd gedoen om die ekonomie aan die gang te hou.

Die bepalings geld in hierdie stadium tot 15 Januarie volgende jaar.

Van die ingrypendste maatreëls sluit in:

- Die opskort van alle drankverkope,
nagklubs en ondernemings wat drank verkoop of vervoer mag nie sake doen nie,
- alle binne- en buitelugbyeenkomste word vir 14 dae opgeskort (begrafnisse mag voortgaan maar net met 50 mense),
- die landwye aandklokreël geld nou van 21:00 tot 06:00,
- alle nie-noodsaaklike ondernemings – ook winkels, restaurante, kroeë en kulturele bymekaarkomplekke – moet om 20:00 sluit,
- elke sakeonderneming moet die maksimum getal mense bepaal wat op die perseel mag wees, en
die dra van ʼn masker in die openbaar is nou verpligtend. Diegene wat nié ʼn masker dra wat die mond en neus bedek nie, begaan volgens Ramaphosa voortaan ʼn kriminele oortreding. - Mense wat nie maskers dra nie, kan vervolg word en indien hy skuldig bevind word, kan tronkstraf of ʼn boete opgelê word.

Ramaphosa sê Suid-Afrikaners het hul waaksaamheid verslap en betaal nou die prys daarvoor. “Ons het nie ons maskers gedra nie. Ons was nie ons hande nie en ontsmet nie. Ons handhaaf ook nie ʼn veilige afstand van ander nie.

Volgens Ramaphosa verhoog die gebruik van alkohol ook traumagevalle in hospitale.

“Die drankbedryf is ʼn groot werkgewer en lewer ʼn belangrike bydrae tot die ekonomie. Ons prioriteit in hierdie stadium is egter om lewens te red. Roekelose gedrag omdat iemand onder die invloed van drank is, het bygedra tot verhoogde oordrag. Alkoholverwante ongelukke en geweld plaas druk op ons hospitale se ongevalle-afdelings.”

Ramaphosa sê soos tydens die vroeëre afsonderingstydperk, moet die kurwe nou afgeplat word om die kapasiteit van die gesondheidstelsel te beskerm.

#AHi #Advice #Inform
Niemand van ons sou laasjaar kon indink dat ons va Niemand van ons sou laasjaar kon indink dat ons vanjaar, met die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd sy greep versterk het, Kersfees sal vier nie.

Dit was ’n besonderse moeilike jaar vir ons almal. Maar, as die AHi terugkyk na die werking van die AHi het dit totaal en al verander na ’n nuwe, digitale wêreld.

Die AHi kon vanjaar korrekte inligting verwerk en deurgee aan ons intekenaars, op datum, deur ons verskeie digitale platforms. Die AHi het ook ons intekenaars deurentyd adviseer oor verskeie sakekwessies. 

In terme van die opleidingsessies en aanlynseminare wat die AHi aangebied het, was dit uiters belangrik vir besighede om die nuwe norme te aanvaar waarmee ons moet besigheid doen.

Baie besighede het dit nie gemaak nie, maar die veelkragtigheid van talle besighede - veral klein besighede regoor die Wes-Kaap - het gemaak dat die besighede hierdie aanpassings kon maak en hulle besighede kon in lyn kry met die nuwe toekoms van sake doen.

Die sluiting van die strande in die Tuinroete is ’n ernstige saak wat baie besighede raak. Die AHi het sy standpunt bekend gemaak in verskeie mediabronne, soos IOL, Netwerk24 en Maroela Media. Ons glo dat vakansiegangers steeds in ons pragtige kusdorpe in die Suid-Kaap kom vakansie hou om te verseker dat ons plaaslike ekonomie steeds kan voortbou.

In die res van die Wes-Kaap is die omstandighede baie positief vir ’n Kersvakansie en ons hoop regtig dat besighede ook die tyd van die jaar sal gebruik om die terugslae van 2020 finansieel op te maak en te bou vir 2021.

Aan die einde van die jaar wil ek ook, as voorsitter van die AHi, ons mede-direkteure bedank vir hulle rol, advies en diens deur die afgelope jaar. Dankie aan Ivor Price, Ilse Lochner, Albert Geldenhuys en Richard Shumi. Ons kon baie vinnig besluite neem en ek waardeer dat u my bygestaan het met alles wat ons aangepak het.

Ek glo die AHi het ’n suksesvolle jaar gehad - ten spyte van die groot beperkings wat daar was.

Ek wil ook die uitgebreide bestuur van die AHi bedank vir hul ondersteuning en insae deur die jaar. 

Lees gerus meer in ons nuusbrief.
#AHi #Kerstyd
AHi PERSVERKLARING: Wees deel van die oplossing en AHi PERSVERKLARING: Wees deel van die oplossing en ondersteun kusdorpe, pleit Suid-Kapenaars 

Selfs mét strande wat oor sekere areas van die Wes-Kaap en Tuinroete as gevolg van die nuwe koronavirus-inperkings gesluit is, kan vakansiegangers aan dié streek nogsteeds uitsien na ’n blaaskans met alles wat gebied word.

President Cyril Rhamaphosa het tydens sy aankondiging op Maandag, 14 Desember 2020 gesê dat strande en openbare parke aan die Tuinroete én Oos-Kaap met onmiddelike effek gesluit sal wees tot en met Sondag, 3 Januarie 2021.

“Die Tuinroete is ’n juweel wat nou van voor af ontdek kan word. Vakansiegangers moet nie hul vakansies kanselleer nie, neem eerder die besluit om as gesin die area te kom verken en op só manier die ondergang van nog meer besighede help bekamp,” het Dr. Willie Cilliers, Uitvoerende Hoof van die AHi, gesê.

“Alhoewel dit met ’n swaar hart is wat ons die nuus oor strenger inperkings ontvang het,  verstaan die AHi dat die Tuinroete nou in ’n kritieke situasie is met staatshospitale wat volle kapasiteit bereik het,” het hy bygevoeg.

“Ons moet nou elkeen ’n kopskuif oor die omstandighede gedurende die feesseisoen maak sodat dit nogsteeds geniet kan word. Kom op vakansie, ondersteun die plaaslike winkels en geniet ander aktiwiteite wat soms afgeskeep word omdat die strand voorkeur kry,” het Cillers gesê.

“Dit is ’n groot terugslag, maar met klein aanpassings aan die vakansieplanne kan dit nogsteeds ‘n kwaliteit vakansie wees.”

Volgens hom is dit nou, meer as ooit, elkeen se verantwoordelikheid om saam te staan voordat die land nóg verder geknou word.

Die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit (wat Graaff-Reinet, Grahamstad, Somerset-Oos, Kirkwood, Jeffreysbaai, Kareedouw en Port Alfred insluit) en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (onder meer Knysna, George, Sedgefield, Plettenbergbaai, Mosselbaai en Oudtshoorn) is tot brandpunte verklaar. 

#AHi #Tuinroete #GardenRoute
Die regulasies wat President Cyril Ramaphosa aange Die regulasies wat President Cyril Ramaphosa aangekodig het sal streng deur die SAPS toegepas word, het hy gisteraand gewaarsku.

Diegene wat hulself skuldig vind deur enige wetgewing van die nasionale ramptoestand te vermy, kan 'n boete of vir tot 6 maande gevonnis word. 

Dra jou masker; wees veilig en hou asb. by die regulasies.
Dié besluit oor strande is irrasioneel, sê die D Dié besluit oor strande is irrasioneel, sê die Democratic Alliance

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat sommige strande en openbare parke die hele feestyd gesluit sal wees, is irrasioneel en hou ’n groot gevaar in vir die gasvryheid- en toerismebedryf.

Uiteindelik sal dit ’n doodskoot wees vir toerisme langs die kusgebiede, sê John Steenhuisen, DA-leier.

Dié aankondiging sal uiteindelik meer swaarkry op ekonomiese gebied vir die kusgemeenskappe bring.

Daarom steun die DA dié aankondiging nie.

Dit is boonop teen die advies van top-wetenskaplikes soos dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) en lid van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19-entstowwe, en prof. Salim Abdool Karim, voorsitter van die advieskomitee.

Dit sal onmoontlik wees om dit af te dwing.

Wat Suid-Afrikaners nou wil weet, is wanneer sal ’n entstof teen Covid-19 in die land beskikbaar wees. Ramaphosa moes vir hulle ’n datum gegee het.

Steenhuisen sê dit was duidelik uit Ramaphosa se boodskap aan die nasie Maandagaand dat die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel ná byna ’n jaar van die Covid-19-pandemie nie naastenby so sterk is soos dit moet wees om die pandemie te kan hanteer nie.

En dit nadat Ramaphosa vroeër vanjaar gesê die aanvanklike streng beperkings word ingestel om die land tyd te gee om sy gesondheidstelsel gereed te kry vir die verwagte toename in infeksies

Die DA stem wel saam met die aankondiging dat daar beperkings geplaas is op die getal mense wat binnenshuise en buitenshuise byeenkomste bywoon.

Die party neem ook kennis dat ’n kompromis gemaak is met die tye vir die aandklokreël.

“Al begin die aandklokreël later as wat verwag is, is dit steeds nie werkbaar vir baie restaurante nie omdat dit ’n baie nadelige invloed op hul kontantvloei sal hê.

“Uiteindelik moet ons onsself afvra wat Suid-Afrika na byna ’n jaar van inperking reggekry het?”

Wat uiteindelik gebeur het, is dat dit die ekonomie uitgedun is, byna die helfte van kleinsake-ondernemings in die land laat ondergaan het en miljoene mense in armoede gelaat het.
Hierdie strande in die Tuinroete is van môre af g Hierdie strande in die Tuinroete is van môre af gesluit:

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand aangekondig dat strande in die Tuinroete in die Suid-Kaap gesluit word.

"In die gebiede met die hoogste infeksiekoerse gaan die strande en openbare parke vir die duur van die feestyd – vanaf 16 Desember tot 3 Januarie – toe wees. Dit sal op die hele Oos-Kaap, asook die Tuinroete-distrik in die Wes-Kaap van toepassing wees. 

Herman Pieters, senior kommunikasiebeampte van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, het aan Netwerk24 bevestig die strande op die Tuinroete wat geraak word strek van Witsand in die weste en eindig by Nature's Valley in die ooste. 

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het ook die dorpe wat deel uitmaak van sy gebied op sy Facebook-blad gepubliseer:

1. Bitou – Plettenbergbaai, Keurboomstrand, Kurland, Kwanokuthula, Nature’s Valley, Krantshoek en Wittedrift.

2. George – George, Wildernis, Hoekwil, Heroldsbaai, Victoriabaai, Haarlem, Uniondale, Herold en Noll.

3. Hessequa – Albertinia, Stilbaai, Riversdal, Heidelberg, Slangrivier, Gourits en Witsand.

4. Kannaland – Calitzdorp, Zoar, Ladismith en Van Wyksdorp.

5. Knysna – Knysna, Sedgefield, Brenton, Buffelsbaai en Rheenendal.

6. Mosselbaai – Boggomsbaai, Brandwag, Buisplaas, Danabaai, Fraaiuitsig, Friemersheim, Groot-Brakrivier, Glentana, Hartenbos, Herbertsdale, Hersham, KwaNonqaba, Klein-Brakrivier, Outeniqua-strand, Reebok, Ruiterbos, Suiderkruis, Tergniet en Vleesbaai.

7. Oudtshoorn – De Rust, Dysselsdorp, Oudtshoorn en Volmoed.

Ramaphosa het gesê die plaaslike owerhede sal die situasie elke dag monitor om te sorg dat die regulasies nagekom word. In gevalle waar groot skares of mense nie die veiligheidsmaatreëls nakom nie, sal spesifieke strande en parke gesluit word.

Die feesseisoen-beperkinge sal vroeg in Januarie hersien word.
10 dinge wat jy móét weet oor die President se a 10 dinge wat jy móét weet oor die President se aankondiging.

Pres. Cyril Ramaphosa se “familievergadering” Maandagaand het slegte nuus gebring vir baie wat graag oor die Kerstyd strand toe wil gaan. Hier is tien dinge wat jy moet weet.

1. Nog twee gebiede is nou brandpunte

Die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit (wat Graaff-Reinet, Grahamstad, Somerset-Oos, Kirkwood, Jeffreysbaai, Kareedouw en Port Alfred insluit) en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (onder meer Knysna, George, Sedgefield, Plettenbergbaai, Mosselbaai en Oudtshoorn) is tot brandpunte verklaar. Dit beteken dieselfde regulasies sal vir dié gebiede geld as vir die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit (Port Elizabeth). Dit sluit in ’n strenger aandklokreël, van 22:00 tot 04:00.

2. Streng reëls oor strande ingestel

Verskillende reëls sal in verskillende dele van die land heers wat strande betref, maar kan ook verander word na gelang van probleme wat op ’n spesifieke strand ontstaan.

Oos-Kaap, Tuinroete: Alle strande is van 16 Desember tot 3 Januarie gesluit.
KwaZulu-Natal: Alle strande is op die volgende dae toe: 16, 25, 26 en 31 Desember en 1, 2 en 3 Januarie
Wes-Kaap en Noord-Kaap: Alle strande bly oop.

Selfs oop strande mag net van 09:00 tot 18:00 besoek word.

Feeste of georganiseerde geleenthede op strande is verbode. Drankgebruik op strande bly verbode.

3. Aandklok verleng

Landwyd geld die aandklok nou 23:00 tot 04:00 (in brandpunte begin dit om 22:00).

Restaurante en ander nie-noodsaaklike ondernemings moet om 22:00 sluit om klante en personeellede in staat te stel om betyds by die huis te kom.

4. Wynverkope weer ingeperk

Drankwinkels mag net Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00 drank verkoop en nie oor naweke of openbare vakansiedae nie.

Wynkelders en -plase mag wel steeds oor naweke wynproeë hou en wyn verkoop.

5. Minder mense by byeenkomste toegelaat

Landwyd mag geen byeenkomste meer deur meer as 100 mense toegelaat word binnenshuis nie, en nie deur meer as 250 in die buitelug nie. (Dit was 250 en 500 onderskeidelik.)

Die reël bly staan dat die getalle nie meer as 50% van ’n vertrek se kapasiteit mag vul nie en daar goeie ventilasie moet wees.

6. Geen byeenkomste ná b
Die minister van polisie, Bheki Cele, het 'n stren Die minister van polisie, Bheki Cele, het 'n streng waarskuwing gerig dat polisielede die dra van maskers sál afdwing. Cele het die jaarlikse Veiliger Feestyd- program in die Wes-Kaap van stapel gestuur. Dit is deel van pogings om te verseker dat inwoners en vakansiegangers veilig is.

Kyk gerus die video wat op SABC Nuus uitgesaai is.
Dit is dag 260 van die nasionale staat van inperki Dit is dag 260 van die nasionale staat van inperking met Suid-Afrikaners wat op vlak 1 van die inperkingsregulasies is. Wat die Covid-19-statistieke aantref, staan Suid-Afrika tans op meer as 830 000 kumulatiewe gevalle en meer as 22 500 Covid-19-verwante sterftes. 

Meer as 68,75 miljoen mense is wêreldwyd met die koronavirus besmet en 1,56 miljoen mense het reeds hul lewe weens die virussiekte verloor, volgens data wat die Reuters-nuusdiens oor die pandemie insamel.

Suid-Afrika is nou amptelik midde in ’n tweede vlaag Covid-19-infeksies. Dié aankondiging van Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdagaand volg nadat die land meer as 6 000 infeksies in 24 uur aangeteken het.

Die Wes-Kaap werp alles in die stryd om te keer dat die nasionale Covid-19-bevelsraad strenger inperkings in die provinsie instel kort voor die Desember-vakansie begin. 

Die bevelsraad, wat gister weer vergader het, bespreek volgens ’n bron strenger inperkings in die provinsies waar daar ’n aansienlike styging in gevalle is. Die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal dryf tans die tweede vlaag van infeksies. 

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het ’n breedvoerige plan aan pres. Cyril Ramaphosa, wat die voorsitter van die bevelsraad is, voorgelê om strenger inperkings te probeer voorkom. 

In sy plan aan die nasionale regering het hy gevra vir strenger nagevolge vir dié mense wat nie die Covid-19-protokolle nakom nie. 

Verder het die provinsie gevra vir buigbaarheid dat die inperkings op byeenkomste binne en in die buitelug verlaag kan word, waar nodig. Winde het daarop gewys dat ondernemings gestraf word as hulle nie die protokolle nakom nie en gevra dat dit ook van toepassing op die publiek moet wees. Strenger wetstoepassing word ook in die feestyd beloof.

In vandeesweek se nuusbrief vertel ons jou meer van ’n skokwekkende studie wat onder kleinsakeondernemings gedoen is om te bepaal of hul die inperking oorleef het. Ons deel ook die nuutste besigheidsassosiasienuus met jou, voer ’n eksklusiewe onderhoud met top-entrepreneur Marilie van der Merwe, vertel jou van hulppakette aan bestaansboere, en meer.

Lees op die skakel in ons bio en klik op News > Newsletters.
Pas bekend: SA verwag eerste aansoeke om goedkeuri Pas bekend: SA verwag eerste aansoeke om goedkeuring van entstowwe

Suid-Afrika verwag om binne twee weke die eerste aansoeke om goedkeuring vir Covid-19-entstowwe in die land te ontvang, en sal die proses om goedkeuring bespoedig, het die Suid-Afrikaanse Regulatoriese Owerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) Donderdag aan Reuters gesê.

Die regering hoop om die eerste entstowwe vir Suid-Afrika in die tweede kwartaal van 2021 te bekom deur middel van die Covax- wêreldwye entstofverspreidingsnetwerk.

“Sahpra sal voorkeur gee aan alle Covid-19-aansoeke en sal die proses bespoedig vir alle gesondheidsprodukte, asook entstowwe,” sê Yuven Gouden, ’n woordvoerder van Sahpra.

Die proses sal behels dat ’n entstofkandidaat beoordeel sal word soos wat meer data daaroor bekend word, sê Gouden.

Sahpra sal riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gebruik, asook die werk wat deur internasionale medisyne-owerhede in Europa en Amerika gedoen is om te verhoed dat werk herhaal word wat tot die vertraging van goedkeuring van die entstowwe kan lei.

“Ons verwag die eerste aansoeke om entstofgoedkeurings reeds binne die volgende week of twee,” sê Gouden.

Sahpra, wat in 2018 gestig is, werk hard om die agterstand in te haal wat hy by sy voorganger, die Mediese Beheerraad, geërf het.
Net ’n week nadat nuwe inperkings ingestel is, w Net ’n week nadat nuwe inperkings ingestel is, wag die land weer op die moontlikheid dat pres. Cyril Ramaphosa nuwe inperkings vir die feestydperk kan aankondig noudat die land amptelik ’n tweede vlaag van koronavirusinfeksies ondervind.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdag voorleggings aan die nasionale koronavirusbevelsraad gedoen nadat provinsiale regerings hul eie insette gelewer het oor hoe om die verspreiding van die virus te bekamp.

Mkhize het Woensdag op ’n nuuskonferensie nie veel uitgebrei oor die moontlikheid van strenger inperkings nie, maar het wel gesê provinsiale regerings meen groot byeenkomste en partytjies moet dringend beperk word omdat dit in superverspreidergebeurtenisse kan ontaard.

Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes- en Oos-Kaap ervaar die meeste nuwe infeksies.

#News #Inperking #Lockdown
Pas bekend: Meeste aktiewe koronavirusgevalle nou Pas bekend: Meeste aktiewe koronavirusgevalle nou in Wes-Kaap

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die meeste aktiewe gevalle is nou in die Wes-Kaap aangemeld nadat van die laagste syfers 'n paar maande gelede nog in dié provinsie aangemeld is.

Benewens die meeste aktiewe gevalle in die land, is die meeste nuwe gevalle van die koronavirussiekte ook gister in die Wes-Kaap aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, bekend gemaak.

Gister is 1 306 nuwe gevalle in die provinsie aangemeld, terwyl die nuwe gevalle in die Oos-Kaap 1 304 is. Die derde en vierde meeste gevalle is onderskeidelik in KwaZulu-Natal (790) en Gauteng (512) aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize stel tans ondersoek in na wat nog in die Wes-Kaap gedoen kan word, sê sy woordvoerder, dr. Lwazi Manzi.

"Dit is hoekom ons die Wes-Kaap verlede week besoek het en na die hartjie van die probleem, wat kroeë en sjebiens is, gegaan het. Die president het ook in sy toespraak gesê dat ons die situasie daar sal evalueer sodat ons kan vasstel of enige ingryping nodig is. Die saak word dus ondersoek."

Mkhize het die Tuinroete verlede week besoek nadat die gevalle in die Wes-Kaap toegeneem het.
PAS BEKEND: Angie Motshekga, minister van basiese PAS BEKEND: Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê matrikulante sal die Wiskunde 2 en Fisiese Wetenskap 2-vraestelle wat uitgelek het, moet oorskryf. 

Dié eksamens sal onderskeidelik op 15 Desember en 17 Desember oorgeskryf word.
STATEMENT BY PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA ON PROGRESS STATEMENT BY PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA ON PROGRESS IN THE NATIONAL EFFORT TO CONTAIN THE COVID-19 PANDEMIC, 3 DECEMBER 2020

My fellow South Africans,

I wish to speak to you this evening about the current state of the coronavirus pandemic in South Africa.

Before doing so, I wish to express my appreciation to all South Africans who observed the five days of mourning from the 25th to the 29th of November for those who have lost their lives to COVID-19 and gender-based violence and femicide.

As we remember them, let us pledge that we will do everything within our means to contain these two pandemics and save lives.

The global pandemic continues to cause devastation across the world, with more than 64 million infections and nearly one-and-a-half million confirmed deaths.

We have seen many countries around the world experience a resurgence of the coronavirus, some with second waves even worse than their initial peak.

Where South Africa once had the fifth highest number of infections in the world, we have now fallen to 14th in the world as infections in other countries have surged dramatically.

And yet, despite the progress we have made, we have always known that a second wave of infections is possible in South Africa if we do not take the necessary measures to protect ourselves and those around us.

There is now clear evidence of a resurgence of infections in parts of our own country, which, if not confronted decisively and directly, could lead to great suffering and death.
This pandemic has already taken a heavy toll on our country.

A total of 800,872 people are confirmed to have been infected by the virus in South Africa since March.

Around 92 per cent of these people have recovered.

As of today, 21,803 people are known to have died from COVID-19 in South Africa.

For nearly 100 days, since the middle of August, we managed to keep the rate of new infections stable, at below 2,000 new cases a day.

However, that has changed in the last three weeks.

There has been a marked rise in new infections and an increase in the number of people being admitted to hospital.

In the first week of November, we were recording an average of 1,500 new cases a day.

By the
Pas bekend: Alle vlak-1-regulasies bly in plek en Pas bekend: Alle vlak-1-regulasies bly in plek en die ramptoestand word ook verleng tot 15 Januarie 2021.

Die Nelson Mandelabaai-metro is van middernag vanaand verklaar tot ’n brandpunt. Die aandklokreël hier sal van 22:00 tot 04:00 geld. Net noodsaaklike werkers mag buite dié tye rondbeweeg. Alkohol in die metro sal voortaan net van 10:00 tot 18:00 van Maandag tot Donderdag verkoop mag word. Die gebruik van alkohol in die openbare plekke in die metro word verbied. Daar mag ook nie meer as 100 mense by saamtrekke wees nie. Alle “after tears”-partytjies word verbied.

Daar is veral drie gebiede in die land waar infeksies toeneem – Nelson Mandelabaai, die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap en die Tuinroete in die Wes-Kaap.

Daar sal in die komende weke sterk gekyk word na die Wes-Kaap en moontlike strenger regulasies vir die Tuinroete en omliggende gebiede as infeksiesyfers nie daal nie. Dit sal met tyd bekend gemaak word.
Load More... Follow on Instagram
Subscribe to our Newsletter

    Subscribe to our newsletter to receive the latest offers, articles and news.

    By subscribing you also agree to receive promotional material.

    AHi

    © 2019 AHi. All Rights Reserved.

    Go to Top

    Budget of 2021

    Click on the link below to read the speech

    Click here for the speech by Tito Mboweni

    × AHi Contact